Haylie Tredoux besluit op die ingewing van die oomblik om na Rusfontein, ’n dorpie in die Klein-Karoo, te verhuis. Miskien sal sy hier, ver weg van haar hartseer in die stad, uiteindelik weer rus en vrede vind. Maar die plattelanders is nie aldag ten gunste van haar stadsjapie-maniere nie – en veral nie van haar kennis van alternatiewe geneesmiddels nie.
Ook opgeneem in Omnibus 3 (2007).