Die kunstige teëls, bewers en droomwippe wat Tish by die kunsmark verkoop, bring nie genoeg geld in nie. Die waaghalsige plan wat sy beraam om haar dienste uit te brei na palmlesery, strook glad nie met die kunsmarkeienaar se beleid nie – solank dié man net nie uitvind wie senhora Laetitia regtig is nie.
Heruitgegee in die bundel Eendag op ’n Maandag (LAPA, 2014).