Op Nyoni, Phil Sinclair se idilliese reservaar vir voëelkykers, kan Tibbie haar verflenterde siel weer bymekaarmaak. Hier is sy nie meer Tabitha Tredoux, eens bekwame en suksesvolle sakevrou en nou die bedroë eks van die aartsswendelaar Shaun Dickson nie. Soos sy op Nyoni die verskillende voëls en hul gewoontes leer ken, leer sy haarself ook waarlik ken.
Maar haar vrede word versteur toe Ryan, Phil se dodelik aantreklike seun, opdaag. Want afgesien daarvan dat hy haar dadelik aansien as 'n wulpse loslyfie wat sy bejaarde pa in haar strik gevang het, herken sy hom as die man wat daardie dag in die hooggeregshof die vonnis gevel her waardeur sy alles verloor het. En tot wie sy ten spite van alles onweerstaanbaar aangetrokke voel.