← Terug na die boekrak
Toorliefde
Boek

Toorliefde

2005 Uitgewer: Tafelberg (Jasmyn) Taal: Afrikaans 224 bladsye ISBN: 9780624042822

Belle van Vliet het haar oog op die mooiste oewererf in Edgewood. Hier, weet sy, sal sy kan skryf, teken en gelukkig wees. Maar hoe koop ‘n mens ‘n erf soos dié sonder geld? Dan gebeur die wonder: uit die bloute word die erf vir haar teen ‘n appel en ‘n ei aangebied – deur ‘n man wat sy glad nie ken nie. Die vraag is net: wie is haar geheimsinnige weldoener en wat presies voer hy in die mou?

En die sjarmante Zed Minnaar? Hoe pas hy in die prentjie – en waarom stel ook hy so intens in die erf belang? Iewers is ‘n groot skroef los…

← Terug na die boekrak