Die Davelvroue · boek 4
Chanette Paul nooi jou uit om die wel en wee van die sewe mooi, maar wederstrewige Davelvroue saam met haar te volg en te geniet. Elkeen voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die tydperk waarin sy leef en beland in een of ander konfliksituasie met die man wat sy liefkry. Deborah Haar pa sê sy’s ’n wildewragtig.
En Deborah ís versot op argeologiese opgrawings. Sy dra graag haar boetie se klere. Maar beeldskoon en pure vrou, dié is sy. Die argeoloog Heath Hughes leer haar as Doepie ken. ’n Jong seun, glo hy. Maar hy ontmoet ook vir Deborah. En altwee herken onmiddellik die intense aangetrokkenheid tussen hulle. Saam beland hulle by die Zimbabweruïnes waar hulle opgrawings doen – Deborah vermom as Doepie.
Sy weet sy het hierdie blonde man lief, maar hoor dat hy eintlik ’n leuenaar is en die vondste vir eie gewin hou. Hy’s ’n dief, oneerlik, en die vrou in haar weet nie waarheen met haar liefde nie.