← Terug na die boekrak
Isabelle
Boek

Isabelle

2007 Uitgewer: LAPA Uitgewers Taal: Afrikaans 312 bladsye ISBN: 9780799351521

Die Davelvroue · boek 5

Chanette Paul nooi jou uit om die wel en wee van die sewe mooi, maar wederstrewige Davelvroue saam met haar te volg en te geniet. Elkeen voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die tydperk waarin sy leef en beland in een of ander konfliksituasie met die man wat sy liefkry. Isabelle Hul persoonlikhede knoop en skuur behoorlik – sy, die opstêrs gravinnetjie, en hy, die boertige bywoner.

Op Orange Hall moet hulle mekaar verduur. En al probeer Isabelle hoe hard om hom te vermy, is Arendt de Leeuw oral … met sy verpestelike grys verf in haar ateljee, met sy groot lyf in die kleigat, met sy slim hand in haar stillewes. Agter haar hovaardige houding knak Isabelle mettertyd, swig sy voor die man met die terg op sy tong, die spot in sy oë.

Maar Arendt weet – hy moet ’n leeftyd binne ’n paar weke leef, haar ’n herinnering maak, sonder dat sy ook seerkry, want hy het net enkele maande oor.

← Terug na die boekrak