← Terug na die boekrak
Springgety
Boek

Springgety

2007 Uitgewer: LAPA Uitgewers Taal: Afrikaans 558 bladsye ISBN: 9780799381122

Gys Niemand-reeks · boek 1

Wie besluit oor lewe en dood op Kruisbaai? Springklip, die krans wat oor die gulsige see by Kruisbaai troon, is ʼn plek waar die dood tasbaar na siele vra. Lily Reynecke het skaars haar tante, Maja, se voetspore na Kruisbaai gevolg toe Springklip nog ʼn slagoffer eis. Wat gespring het. Of gestamp is. Wie op Kruisbaai eien hom die reg toe om te besluit oor lewe en dood?

Dalk Lily self? In een van haar vergeettye? Kassie? Of is dit dalk Ben? Groot Ben. Beneukte Ben. Aantreklike Ben. Wat ís dit aan Kruisbaai wat maak dat dese en gene hulle so verlustig in ongeoorloofde vleeslikheid? Die Visvrou se vloek? Annie Niemand se postume wraak? Gerbrand Niemand se werkinge uit die hel? Of maar net die eensaamheid van ’n afgesonderde plekkie waar die maan en wind massas water hierdie kant toe stoot en dan daardie kant toe sleep.

← Terug na die boekrak