← Terug na die boekrak
Boheem
Boek

Boheem

2009 Uitgewer: LAPA Uitgewers Taal: Afrikaans 586 bladsye ISBN: 9780799351484

Gys Niemand-reeks · boek 3

Onskuld word nie maklik bewys nie ... veral nie 'n tweede maal nie Boheem is die derde spanningsroman uit Chanette Paul se pen en haar 32ste boek. Nog ʼn moord word in die Niemandsdorp omgewing gepleeg, dié keer in die kunstenaarskolonie, Bohemia. Speurders Gys Niemand en Faantjie Fortuin moet weer agter die kap van die byl probeer kom, maar die keer is daar ʼn hele paar komplikasies.

Katrien Bresselaar is dalk voor die reg vrygespreek van die moord op haar man, maar niemand het haar onskuldig bevind nie. En as sy een keer die sneller kon trek en daarmee kon wegkom, sal sy seker nie skroom om weer te moor nie? Nie dat Katrien, nou bekend as Kayla Cilliers, by Rose-Anne Lockwood se dood sou baat nie. Dié befaamde moordverhaalskrywer is juis haar mentor.

Maar dis Kayla wat die lyk ontdek en dis haar vingerafdruk op die moordwapen.

← Terug na die boekrak