As jy nie my nuusbrief ontvang het nie…

Die slegte nuus:
My nuusbrief wat eers veronderstel was om maandeliks gestuur te word, en toe tweemaandeliks, kan ek ongelukkig nou net sporadies baasraak. My werklading is net van so aard dat ek soms vir maande nie daarby kan uitkom nie. Dis wat gebeur het sedert November verlede jaar tot nou.
Die goeie nuus:
Noudat Offerande, wat my so besig gehou het, in kanne en kruike is, sal ek steeds my bes probeer om so dikwels moontlik wel ʼn nuusbrief uit te stuur.
Die probleem:
Ek moes 24 name van my adreslys skrap omdat ek ingelig is dat die nuusbrief onaflewerbaar is.
Die oplossing:
As jy nie my nuusbrief van 21 Junie 2016 ontvang het nie en jy wil steeds op die nuusbrief ingeteken bly, stuur asseblief jou e-posadres vir my na [email protected] sodat ek jou weer op die adreslys kan plaas.
Jy is uiteraard ook welkom om jou adres vir my te stuur as jy die nuusbrief wil ontvang, maar nie vantevore daarop ingeteken was nie.
Baie dankie aan die wat ingeteken is, my nuusbrief lees en vir die lekker terugvoer daarop. Dis vir my heerlik om so met my lesers in kontak te bly.