Boektoerprogram: Noorde toe


Pleks van voor die rekenaar sit en speel, voel LAPA ek moet bietjie praat oor my boeke gesels ook. Hulle het vir my ‘n toer gereël wat by Bloemfontein se Vryfees begin, ‘n draai in Pretoria maak en eindig by Nylstroom.
Die program en kontakpersone is as volg:
Bloemfontein – Vryfees:
Chanette Paul oor die laaste boek in die Gys Niemand-reeks
Plek: Eksamenlokaal 1
15 Julie 17:30-18:20, gratis, gesprekleier: Yolanda Barnard
Chanette Paul praat oor Dryfhout, haar laaste boek in die Gys Niemand-reeks met Yolanda Barnard. Sy vertel hoekom die reeks nou eindig en wat sy verder beoog.
Geborg deur LAPA-Uitgewers
Besoek die Vryfees se Skrywers-program by: http://www.volksbladfees.co.za/content.aspx?uid=16.
Seekosontbyt by De Vette Mossel
Die skrywers Chanette Paul, Rykie Roux en Arien Lubbe in gesprek met Suzann Prinsloo.
16 Julie om 08:00-10:30,
Bespreek by enige tak van Dorego’s oor die land heen.
Lees hier meer daaroor: Kom mossel saam
Vir verdere navrae, kontak Mariëtte Wienekus by [email protected]
Na die Vryfees, ry die wa nog verder noord.
Oor Dryfhout, Gys Niemand en die legende van die visvrou van Kruisbaai
Alkantrant
Datum: 19 Julie 2011
Plek: Alkantrantbiblioteek, hoek van Lynburn en Daventryweg in Lynnwood Manor (oorkant Caltexgarage)
Tyd: 9h30 vir 10h00
Koste: R30 (Tee, koffie en eetgoed) – die geld gaan aan die biblioteekfonds spesifiek om Afrikaanseboeke aan te koop
Besprekings en navrae: Alkantrantbiblioterek by 012 358-9671
of Connie by 012 348 8777 0f 082 9590 227.
Waverley
Datum: 20 Julie 2011
Plek: Waverley Biblioteek, 1345 Cunninghamlaan (hv Cook en Cunningham), Waverley.
Tyd: 18h30 vir 19h00
Koste: R20pp (Verversings ingesluit)
Bespreking en navrae: Rianda/Sam by 012 332 2172 of [email protected]
Painted Words – Nylstroom
Datum: 22 Julie 2011
Plek: Painted Words, Winkel 15,Shoprite sentrum, H/V Nelson Mandela & Meiningerstraat, Nylstroom
Tyd: 17h30 vir 18h00
Koste: R10pp (verversings ingesluit)
Besprekings en navrae: Celesté by 014-7173971 of [email protected]
Hoop ek sien van julle daar!