Deborah se beurt

Die wildewragtag van ‘n Deborah kom aan die beurt in die mooie maand van Oktober.
‘n Lusmakertjie is te lese by Proestukkie – Deborah
Beskikbaar by onder meer: Deborah – Lapa & Deborah – Graffiti
Agterblad:
Haar pa sê sy’s ’n wildewragtig. En Deborah ís versot op argeologiese opgrawings. Sy dra graag haar boetie se klere. Maar beeldskoon en pure vrou, dié is sy.
Die argeoloog Heath Hughes leer haar as Doepie ken. ’n Jong seun, glo hy. Maar hy ontmoet ook vir Deborah. En altwee herken onmiddellik die intense aangetrokkenheid tussen hulle.
Saam beland hulle by die Zimbabwe-ruïnes waar hulle opgrawings doen – Deborah vermom as Doepie.
Sy weet sy het hierdie blonde man lief, maar hoor dat hy eintlik ’n leuenaar is en die vondste vir eie gewin hou.
Hy’s ’n dief, oneerlik, en die vrou in haar weet nie waarheen met haar liefde nie.