Nuus

Dryfhout dryf Bloem toe en Tamara gaan saam

12 Junie 2011

Bloemfontein se Vryfees lê voor die deur. Dryfhout asook Tamara gaan saam vry.

Besoek die Vryfees se Skrywers-program by http://www.volksbladfees.co.za/content.aspx?uid=16.

Op die program word egter nog aangedui dat Valiant weer met my gaan praat, maar ongelukkig het ʼn ander verpligting vir hom opgeduik.

Die nuwe gesprekleier is Yolanda Barnard – skrywer, joernalis en vrou van vele talente. Die inskrywing op die program moet dus lees:

CHANETTE PAUL OOR DIE LAASTE BOEK IN DIE GYS NIEMAND-REEKS

Plek: Eksamenlokaal 1

15 Julie 17:30-18:20, gratis, gesprekleier: Yolanda Barnard

Chanette Paul praat oor haar laaste boek in die Gys Niemand-reeks met Yolanda Barnard. Sy vertel hoekom die reeks nou eindig en wat sy verder beoog.

Geborg deur LAPA-Uitgewers

Nog ʼn lekkerte wag die volgende oggend, 16 Julie om 08:00-10:30, naamlik ʼn seekosontbyt by De Vette Mossel waar ek en Rykie Roux en Arien Lubbe oor ons boeke gaan gesels. Dis hier waar Tamara haar toetrede maak al sal die drukkersink moontlik nog nie eens droog wees nie.

Lees hier meer daaroor: Kom mossel saam

Hoop ek sien ʼn paar van julle by een van die twee geleenthede!

← Terug na nuus

Meer nuus

Lira: Proestukkie3 Mei 2019 LIRA – lokprent18 Apr 2019 Suider-Afrikaanse VVV-bulletin: Jojo Richter5 Mei 2018 Nuusbrief – Maart 201825 Mrt 2018