Nuus

Dryfhout spoel op die strande van The Last Outpost uit!

7 September 2011

Hier is ek uiteindelik weer!

Ek het altyd gedink mens moet in Engels gepubliseer wees voor jy naby Natal kan kom, en nou hierdie heerlike verrassing.

Ek is deur Bargain Books genooi om die oggend van 28 September in Amanzimtoti en die middag van 29 September in Richardsbaai oor Dryfhout en die Gyse te praat.

Amanzimtoti is veral vir my spesiaal omdat ek ʼn oud skolier van Kuswag Hoërskool was in die tye toe hierdie skool nog in tydelike geboue gevestig was. Die Kingsway High-seuns het ons summier die Cardbord College gedoop. Glo my, die Anglo-Boereoorlog het in die 1970’s nog fel daar gewoed!

Ek was net ʼn jaar en ʼn half daar, (Kuswag was maar een van die nege skole wat my probeer geleerd kry het) maar dit was ʼn baie spesiale tyd in my lewe.

Sover ek weet, tree ek ook die aand van die 28e September in Illovo Beach by die Book Den op, maar het nog nie verdere besonderhede gekry nie.

Intussen, hier is die uitnodigings na die twee geleenthede in Amanzimtoti en Richardsbaai.

(Kontak- en ander besonderhede is onderaan die twee uitnodigings).

← Terug na nuus

Meer nuus

Lira: Proestukkie3 Mei 2019 LIRA – lokprent18 Apr 2019 Suider-Afrikaanse VVV-bulletin: Jojo Richter5 Mei 2018 Nuusbrief – Maart 201825 Mrt 2018