Nuus

Eendag op ‘n maandag

12 September 2014

Eendag op ’n maandag comp

Twee stories wat ongeveer in 2003 rond verskyn het en nou beskikbaar is in een bundel, naamlik Vlerke vir ‘n visvrou en Krinkels in die maan. Onder meer beskikbaar by http://www.graffitiboeke.co.za/index.php?page_id=book&book_id=18359

Ook vir Kindle lesers by http://www.amazon.com/Eendag-Maandag-Afrikaans-Edition-Chanette-ebook/dp/B00NAYDBMM/ref=zg_bs_7588771011_38

Vlerke vir ’n visvrou:

Emma is vasbeslote om nie in haar beroemde skilderfamilie se voetspore te volg nie. Sy skilder, ja, maar op mure en meubels. Emma se voorneme om nie ewige kuns te skep nie, kry egter ’n knou toe ’n beroemde sjef haar lewe binnestap met ‘n voorstel wat sy nie net kan aflag nie.

Krinkels in die maan:

Die kunstige teëls, bewers en droomwippe wat Tish by die kunsmark verkoop, bring nie genoeg geld in nie. Die waaghalsige plan wat sy skelm beraam,  strook glad nie met die kunsmarkeienaar se beleid nie, maar hy hoef nie daarvan te weet nie. Of hoe?

← Terug na nuus

Meer nuus

Lira: Proestukkie3 Mei 2019 LIRA – lokprent18 Apr 2019 Suider-Afrikaanse VVV-bulletin: Jojo Richter5 Mei 2018 Nuusbrief – Maart 201825 Mrt 2018