Kalfiefees 2011

‘n Vinnige nuusflitsie oor my aandeel eerskomende Maandag aan die boekprogram by die Kalfiefees te Onrus. Dit vind plaas in die Roostent langs die De Wetsaal. Gaan loer op die web vir die volledige Kalfiefeesprogram by http://www.kalfiefees-hermanus.co.za/
Maandag 8 Augustus 11:00 – 12: 00
· Dirk en Reinet Nagtegaal vertel van hulle lewe as skrywers en hulle boeke Kok en skinker, Abrakadabra en In limbo, waarvan hulle dogter Jackie medeskrywer was.
· Trix Pienaar, geliefde aktrise, gesels oor haar kookboek, Kaapse Kontreikos.
· Chanette Paul, gewilde skrywer van liefdes- en spanningsromans, vertel meer oor haar reeks Springgety, Fortuin, Boheem, Meetsnoer en Dryfhout.
· Jan van Tonder, skrywer van Roepman, deel die suksesverhaal van sy roman en die film wat daarop gevolg het.