Nuus

Kalfiefees Boekbespreking 7 Augustus

6 Augustus 2010

Net om julle te herinner:

Karin Brynard (Plaasmoord) was so gaaf om in te stem om met my oor my die Gys-boeke te praat by die Kalfiefees. Ons praat Saterdagoggend 09:15 – 10:00 in die Roostent langs die De Wet saal in Onrus.

Julle het moontlik gesien dat ons albei finaliste is vir die ATKV Woordveertjie toekennings. Sy vir Plaasmoord en ek vir Boheem. Ek glo ons gaan heerlike gesels, kom gesels gerus saam.

Daar is ‘n wonderlike program vir boekliefhebbers. Ek gee dit hier om julle lus te maak om Onrus toe te ry!
KALFIEFEES: 5-9 Augustus 2010

BOEKBESPREKINGS by die Roostent, langs De Wetsaal, Roosstraat, Onrusrivier

 VRYDAG 6 AUG

16:00-16:30

Pieter Schoombee, politieke joernalis en Kalfiefeesvoorsitter, gesels met AMOS VAN DER MERWE oor sy boek Eugène Terre’Blanche: My Storie.

SATERDAG 7 AUG

09:15-09:45

Karin Brynard gesels met CHANETTE PAUL oor haar spanningsfiksie.

 11:00-11:30

Melt Myburgh in gesprek met DOUWLEEN BREDENHANN oor die roerende verhaal van die moord op haar dogter in ’n Hemelhoë Hekkie.

11:30-13:00

Petrovna Metelerkamp gesels oor haar boek E.C. Steijn: Aristokraat van Gees, asook met die volgende skrywers wat hul boeke self gepubliseer het:

Annalize Mouton, Stanford: Portrait of a Village

Arnold la Cock, Dans van die Liefde

Bill Davis, Sculptor: His Life & Work

Deon Steyl, Die Blou Veer

Dine van Zyl, Nog ’n Happie

Helene Rabie, My Lewe as ’n Siener

Ian Pinoche, The Truth of the Matter

Johan Nothnagel, Ou Spreekwoorde deur ’n Nuwe Bril

Martin R. Fisher, Apartheid’s Other Back Yard

Oswaldina Claassens, Babanango: The Story of a South African Family

Pieter Hurter, Teologie is Nie Geloof Nie

SJ du Toit, Hermanus Stories

13:00-13:30 Elna van der Merwe, Huisgenoot se boekeredakteur, bespreek Marike se Laaste Dans met skrywer DEBORAH STEINMAIR.

14:45-15:15

Ronelle Terre’Blanche, fotojoernalis by die Hermanus Times, gesels met ANNA CELLIERS, tuinkenner en TV-persoonlikheid, oor haar jongste boek, Tuinmaak met Eiegoed.

15:15-15:45

Elmari Rautenbach, adjunk-redakteur van die tydskrif Drum gesels met KARIN BRYNARD oor haar wegholtreffer, Plaasmoord.

17:00-17:30

GERARD SCHOLTZ is aan die beurt oor sy boek, Lig Wankelend.

SONDAG 8 AUG

11:00-11:30

MELT MYBURGH lees gedigte voor uit sy bundel, Oewerbestaan. Petrovna Metelerkamp gesels met hom.

14:30-15:00

LOUISE LANDSBERG gesels oor haar ryk skrywersloopbaan.

← Terug na nuus

Meer nuus

Lira: Proestukkie3 Mei 2019 LIRA – lokprent18 Apr 2019 Suider-Afrikaanse VVV-bulletin: Jojo Richter5 Mei 2018 Nuusbrief – Maart 201825 Mrt 2018