Nuus

Labirint: ‘n voorsmakie

27 September 2012

Labirint kan vooruit bestel word by
Labirint by Graffiti
Sien die lokprent hier:

Toe die skilder Vasti de Leeuw se gewese man haar meenthuis vandaliseer, het sy genoeg gehad van sy jarelange treitering. Sy trek terug na Leeuwendrift waar sy as ʼn verworpeling grootgeword het. Dieselfde dag nog begin sy treiteroproepe ontvang, maar sy weier om weer te vlug. 

Bekendes en onbekendes betree haar nuwe lewe, en die poppe begin eers regtig dans toe dit, ná die agterdogwekkende dood van een van die inwoners van De Koppe, duidelik word dat oor en weer slapery in dié rykmansbuurt die reël eerder as die uitsondering is. Vasti besef gou dat sy baie meer betrokke is as wat sy kon vermoed. Veral toe die ontbinde lyk van ʼn man nie te ver van haar huis af ontdek word nie. Dan sterf nog ʼn vrou onder verdagte omstandighede en kort daarna nóg een.
Geleidelik word dit duidelik dat Vasti se verlede die sleutel hou om die geheimenisse van die hede te ontsluit. Dat sy die een is wat die minotaurus in die labirint van haar lewe sal moet aandurf. Dit is natuurlik die laaste ding wat die moordenaar kan toelaat . . .
Labirint is ʼn spanningsroman wat die donker kant van die psige ondersoek, boosheid vind waar dit nie vermoed is nie en goedheid waar dit diep verborge lê.
Blogpos oor Labirint-in-proses:
https://chanettepaul.wordpress.com/2012/03/31/die-lekkerste-van-skryf/
https://chanettepaul.wordpress.com/2012/06/18/diep-die-doolhof-in/
https://chanettepaul.wordpress.com/2012/08/08/fases-van-vreugdes-en-vrese/
← Terug na nuus

Meer nuus

Lira: Proestukkie3 Mei 2019 LIRA – lokprent18 Apr 2019 Suider-Afrikaanse VVV-bulletin: Jojo Richter5 Mei 2018 Nuusbrief – Maart 201825 Mrt 2018