Nuus

Lekkerlit 2015

2 Maart 2015

11044569_787882844599156_417129236699136451_n

Ek was skoon tranerig toe ek vanoggend die nuus kry dat Ewebeeld die Lekkerlit Boek van die Jaar vir 2014 gewen het. Toe Jo & Sue die prys in 2012 gewen het, was ek baie verras en nog meer verras toe Siende Blind in 2013 weer so gemaak het. En nou Ewebeeld vir 2014.

Ek skryf tans aan ‘n nuwe boek en soms sukkel dit maar. Ná hierdie nuus, voel ek dat hierdie driekuns vir my sê ek doen ten minste iéts reg. Dit gee my nuwe moed.

Dié prys is veral vir my so geweldig besonders omdat dit die lesers is wat stem. Boonop was daar ses wonderlike boeke waarteen Ewebeeld te staan gekom het. Soos ek vir ‘n leser op Facebook gesê het, ek sou nie kon kies as ek moes stem nie. Vir my was elkeen van daardie boeke ‘n heerlike leeservaring.

As jy nog nie die boeke gelees het nie, maak gerus ‘n plan. Dis ontspanningsfiksie op sy beste.

Die sewe Lekkerlit-boeke van 2014 was Die 13de kaart deur Madelein Rust, Donker spoor deur Martin Steyn, Ewebeeld deur Chanette Paul, Seisoen van lig en donker deur Alta Cloete, Slim leuens deur Lien Roux-de Jager, Stiletto’s van staal deur Bernette Bergenthuin en Waar boosheid broei deur Peet Venter.

Lees meer by: http://lapa.bookslive.co.za/blog/2015/03/02/chanette-paul-wen-vir-die-derde-keer-die-lekkerlitprys-di%C3%A9-keer-met-ewebeeld/

← Terug na nuus

Meer nuus

Lira: Proestukkie3 Mei 2019 LIRA – lokprent18 Apr 2019 Suider-Afrikaanse VVV-bulletin: Jojo Richter5 Mei 2018 Nuusbrief – Maart 201825 Mrt 2018