Nuus

Lenteskryfskool

17 Mei 2010

ATKV-Skryfskool

LENTESKOOL VIR LIEFDESVERHAALSKRYWERS Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit in samewerking met LAPA Uitgewers bied van 2 tot 4 September 2010 die jaarlikse slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Chanette Paul, Sophia Kapp, Alta Cloete en personeel van LAPA en die ATKV-Skryfskool gaan as aanbieders… optree en fokus op die liefdesverhaal. Die koste vir hierdie slypskool is R2 250 per persoon. Deelverblyf in selfsorgeenhede en alle etes (behalwe ontbyt) is ingesluit. Beperkte hoeveelheid verblyf is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede). Kursusgangers moet asseblief ’n eerste hoofstuk (ongeveer 3 000 woorde) van ’n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum op Vrydag, 13 Augustus 2010 skryf en aanstuur na: [email protected]. Die sluitingsdatum vir inskrywings vir hierdie slypskool is Vrydag, 13 Augustus 2010.

← Terug na nuus

Meer nuus

Lira: Proestukkie3 Mei 2019 LIRA – lokprent18 Apr 2019 Suider-Afrikaanse VVV-bulletin: Jojo Richter5 Mei 2018 Nuusbrief – Maart 201825 Mrt 2018