Nuus

Nan & Jeannie – bestel vooruit!

26 Augustus 2012

Maanschijnbaai –  Nan & Jeannie

Om Hannetjie se nakomeling te wees, is ook nie vir sissies nie

Nan & Jeannie, die tweede boek wat die Maanschijnbaai-tweeluik afsluit, kan nou reeds vooruitbestel word by:

Nan & Jeannie by Graffiti

Dit was ʼn bose dag toe die vier Calitz-slette Maanschijnbaai in ʼn pienk Cadillac binnegery en die kasarm in ʼn stuk kitsch begin omskep het.

Almal weet teen die tyd hulle is slette, maar nou is daar selfs sprake hulle kan toor. Kyk hoe het Sue vir arme Zach betower, en Jo vir Saul. Ook die geliefde dominee Gideon het handomkeer ʼn ander mens geword. Het dit iets te doen met Nan se magte wat sy moontlik by haar pa geërf het? Of dalk met Jeannie se betrokkenheid by daardie sekte? Hoekom anders het die oulike Ieg op vlug geslaan? En nou wil Jeannie nog boonop ʼn restaurant oopmaak en toorkos bedien. So skinder die M-baaiers oor Casper se telge.

Veral noudat daar ʼn nuwe Calitzie op pad is, besef die Calitze egter: Hulle is nie net Casper se erfgename nie. Hulle deel Hannetjie se gene ook. Dié keer is dit Nan en Jeannie se beurt om daarmee te probeer saamleef.

Maanschijnbaai: Nan en Jeannie is die opvolg van Maanschijnbaai: Jo en Sue en sluit die Calitz-vroue se verhaal af.

Jeanette Ferreira: “Chanette Paul is bekend vir die humor, romantiek en naelbytspanning in haar romans. Met die Maanschijnbaai-tweeluikverras sy haar lesers met ’n familiedrama.”

Chanette Paul is ook die skrywer van die Davel-vroue wat bestaan uit sewe historiese liefdesromans, en die vyf romantiese spanningsromans wat bekend staan as die Gys Niemand-reeks.

← Terug na nuus

Meer nuus

Lira: Proestukkie3 Mei 2019 LIRA – lokprent18 Apr 2019 Suider-Afrikaanse VVV-bulletin: Jojo Richter5 Mei 2018 Nuusbrief – Maart 201825 Mrt 2018