Nuus

Storietrein na Namibië!

11 Februarie 2014

TreinNAMIBIË: ’N 9 DAG-STORIETREINTOER

 http://www.zambesitoere.co.za/

Ek is seker die gelukkigste skrywer in die wêreld. Ek is genooi om die inwonende skrywer te wees op die ongelooflike storietrein deur Namibië! Ek deel die persverklaring met julle:

Namibië is ’n baie gewilde vakansiebestemming; dit is ’n wonderlike land met baie interessante mense.

Kom beleef hierdie sonderlike wêreld op ’n storietrein saam met die omroeper Martin Jansen en die bekende skrywer Chanette Paul – so iets het nog nooit in ons streek gebeur nie.

Hier is ’n unieke kans om hierdie land te beleef, en ongekende pret te hê wanneer jy nie by die venster uitkyk nie!

Radio Pretoria se Martin Jansen gaan saam om die stories van die wye vlaktes te openbaar.

Chanette Paul sal oor haar boeke en die stories agter die boeke gesels. Haar boeke sal te koop wees, so daar sal geen gebrek aan leesstof wees nie!

Wat op aarde kan skeefloop? Wel, wees gewaarsku, waar Chanette ook al gaan, dink sy moordstories uit en sy kan behoorlik die lyke laat ophoop! Sou jy dalk ’n goeie speurder wees wanneer noodsaak kop uitsteek? Of gaan jy stilletjies jou kamera neem en die ongerepte landskappe afneem? Pasop! Chanette skryf jou sommer in ’n storie in!

Dit maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, hierdie ongelooflike storietrein hou iets vir almal in. Die helfte is jou nog nie vertel nie!

Bespreek sonder versuim jou plek om nie teleurgestel te word nie.

Toerdatums: 23 – 31 Mei 2014

Coupee Eetkamer

KompartementSitkamer

Die program

Kyk net waarna julle uitsien!

Dag 1

Ons ontmoet ons gaste en neem julle na die trein waar ons kan uitpak en die stad te voet verken. Vanaand vertrek die trein na Swakopmund waar ons vir vier dae gaan staan.

Dag 2,3 en 4

Ons gaan gedurende die volgende drie dae Walvisbaai, Goanikontes, Duin Sewe en Hentiesbaai besoek. Julle kan ook ontspan en inkopies doen.

Dune_7_in_the_Namib_Desert GOANIKONTES_HOUSE_26

WalvisbaaiHenties

Dag 5

Ons vertrek vanoggend na Tsumeb en reis in die dag sodat julle meer van die land kan sien. Hou die kameras reg!

Dag 6,7 en 8

Ons gaan die volgende drie dae gebruik om die Etosha Nasionale Park en die Otjikoto-meer, met sy helder blou water, te besoek. Hier vind ons vreemde klein vissies wat hulle kleintjies in hulle bek grootmaak. Ons besoek ook die Hoba-meteoriet naby Grootfontein en reis oornag na Windhoek. 

etosha Hoba meteoriet Otjikoto meer

Dag 9

Ons neem afskeid van die trein na ’n besoek aan die land van kontraste.

Iets meer oor die Storietrein

Ons reis met die Dune Express, ’n spesiale toertrein wat ongeveer 70 persone kan neem. Kom vertel stories in sitkamer en geniet heerlike disse in die trein se eetkamer. Dié van julle wat reeds saam met ons getoer het, sal weet dat ons etes baie spesiaal en besonders is.

Die kompartemente se banke is vervang met enkelbeddens en elke kompartement het ’n kragpunt.

Die Dune Express is ’n toertrein, nie ’n stywe, luukse trein nie.

Ons voorsien die beddegoed, julle hoef net handdoeke en hangers saam te bring.

Ons toerprys?

Dit kos slegs R8 700 per persoon om by die storietrein aan te sluit!

ALGEMENE INLIGTING

Onthou: Ons vertrek van Windhoek af. Julle sal moet invlieg, of die bus haal. Ons kan al hierdie reisreëlings namens julle tref; skakel net!

Ander goed om te onthou:

  • Die toerprys sluit aandete en ontbyt in.
  • Ons verskaf die beddegoed.
  • Die toegangsgeld van die plekke wat ons besoek, is ingesluit in die prys.
  • Op ’n treintoer pak ’n mens die eerste dag uit en die laaste dag in; wat kan dan nou geriefliker wees?
  • Bring asseblief julle eie handdoeke en hangers saam.
  • ’n Geldige paspoort is ’n moet, daarsonder kan julle nie Namibië binnekom nie.
  • Die Suid-Afrikaanse rand word regdeur aanvaar.
  • Ons help graag met reis reëlings.

Kontakbesonderhede vir Zambezitoere

012 752 4184

[email protected]

http://www.zambesitoere.co.za/

← Terug na nuus

Meer nuus

Lira: Proestukkie3 Mei 2019 LIRA – lokprent18 Apr 2019 Suider-Afrikaanse VVV-bulletin: Jojo Richter5 Mei 2018 Nuusbrief – Maart 201825 Mrt 2018