Nuus
Vyf woorde


Gistermiddag, so skuins na ses en net voor ek voorlopig tjaila, kry ek ʼn bitter kort e-pos van my uitgewer:
Gyse het gekom, lyk goed …
Die opwinding wat vyf woorde kan ontketen, is mateloos.
Dryfhout en die heruitgawes van Springgety, Fortuin en Boheem het dus geland!
Nou wag ek in angs en spanning vir daardie pakkie outeurskopieë en julle kan begin tande slyp en boekwinkels dophou.
